Hierdie eenheid se naam spruit voort uit die feit dat die ondertoon van die binneversiering bestaan uit ryk skakerings van blou, wit, goud en mostert wat aan die suite ‘n rustige atmosfeer verleen.

Hierdie suite is ‘n ruim eenheid geleë op die eerstevloer en is dus ongelukkig nie rolstoel toeganklik nie. Die eenheid het toegang na ‘n ruim privaat balkon met tafel en stoele. Gaste kan die braai en swemarea gebuik. 

Die suite bestaan uit twee driekwart beddens wat onafhanklik kan funksioneer of op versoek as een koningsbed kan dien. Hierdie suite het ook ‘n rusbank wat omskep kan word in ‘n driekwart bed vir twee kinders. Indien die rusbank opgeslaan is vorm dit deel van ‘n sitkamer tesame met twee ander luukse gemakstoele. Die eenheid het ’n dubbel klerekas met verskeie rakke en hangspasie met hangers.

Die suite bevat verder ‘n werkstasie waar ‘n besigheidspersoon op die gratis WiFi kan inskakel.

Die kitchenette in die suite bevat ‘n klein yskas, ketel, mikrogolfoond, rooster asook koppies en pierings, glase, borde, messe en vurke vir vier mense tesame met ander kombuisware (botteloopmaker, broodmes vaddoeke, melkbeker ens.) om ‘n verlengde verblyf te vergemaklik.

Daar is ook ‘n strykplank en strykyster tot die gaste se beskikking, maar op versoek kan klere op eie risiko en teen ‘n addisionele koste gewas en gestryk word.

Die kamer het beperkte DSTV kanale asook onafhanklike lugversorging.

Die privaat ruim en-suite badkamer bevat ‘n groot inloop stort asook ‘n driehoekbad. Gebruikte handdoeke word daagliks vervang en nuwe skoon linne word voorsien soos versoek. Gaste word ook voorsien van komplimentêre seep, sjampoo en ander items.  Die badkamer is ook toegerus met ‘n haardroeër.

Gaste ontvang daagliks 'n ligte peusel-ontbyt (in die yskas):
Vars melk daagliks
Joghurt
Vars vrugte
Beskuit
Muesli
Croissants
Botter
Tee & Koffie

Toegang tot die gastehuis asook die suites is privaat en word slegs met kodes bewerkstellig via a Selfoon App. Gaste kan derhalwe kom en gaan sonder om met die gastehuisbestuur in aanraking te kom.

R1200 per paartjie per nag
R300 ekstra per kind (maks. 2 kinders <12jr)

The name of this unit derives from the fact that the undertone of the interior decoration consists of rich shades of blue, white, gold and mustard that give the suite a peaceful atmosphere.

This suite is a spacious unit located on the first floor and is unfortunately not wheelchair accessible. The unit has access to a spacious private balcony with table and chairs. Guests can use the braai and swimming area.

The suite consists of two three-quarters beds that can function independently or can be changed to  a king-size  bed on request. This suite also has a sofa that can be converted into a three-quarters bed for two children. When the couch is raised, it forms part of a lounge with two other luxurious comfort chairs. The unit has a double wardrobe with several shelves and hanging space with hangers.

The suite also includes a workstation where a business person can sit and work and  connect to the free Wi-Fi.

The kitchenette in the suite includes a small fridge, kettle, microwave, toaster, cups and saucers, glasses, plates, knives and forks for four people together with other kitchenware (bottle opener, bread knife, cloths, milk jar etc.) to facilitate an extended stay.

There is also an ironing board and iron available for guests, but on request, clothes can be washed and ironed at your own risk and at an additional cost.

The room has various but limited DSTV channels as well as independent air conditioning.

The private spacious en-suite bathroom includes a large walk-in shower as well as a triangular bath. Used towels are changed daily and new clean linen provided as and when requested. Guests are also provided with complimentary soap, shampoo and other items. The bathroom is also equipped with a hair dryer.

Guests receive a light snack-breakfast (in the fridge):
Fresh milk daily
Yoghurts
Fresh fruit
Rusks
Muesli
Croissants
Butter
Tea & Coffee

Access to the guesthouse as well as the suites is private and is only done with security codes via a Mobile App. Guests can therefore come and go without contacting management.

R1200 per couple per night
R300 additional per child (max. 2 children under the age of 12 years)



Gallery
Suite 4: Royal Sapphire Suite





Back Back to top